Massey Ferguson: Meganisasie wat ekonomies sin maak

Clive en sy vrou Marietjie het in 1992 die plaas gekoop. Aanvanklik was dit net ՚n beesplaas, maar hulle het dit stadigaan uitgebrei om gewasse in te sluit. Hulle het wel ook ՚n klein wildafdeling. Daar woon nou drie geslagte op die plaas.

“Ek is bevoorreg dat ek op die plaas kon grootword,” vertel Cliffed. “Dit is ՚n voorreg om naby aan die natuur te wees en blootgestel te word daaraan.” Deesdae bestuur hy grootendeels die boerdery aangesien sy pa, wat nou in sy sewentigs is, begin afskaal.

“Die ouderdom het my nou begin inhaal,” sê Clive. “So, my seun is besig om oor te neem. Ek is net ՚n helpende hand vir hom om raad te gee.”

Massey Ferguson-mense al die pad

Die pad wat die Wiggill-familie saam met Massey Ferguson stap, is ՚n lang een — vanaf die eerste Massey Ferguson 135 wat aan die begin tamaties help aanry het, tot nou waar daar verskeie trekkers op die werf is. Cliffed-hulle plant ongeveer 300 hektaar se aartappels onder besproeiing; drie keer ՚n jaar. Botterskorsies word in die somer vanaf Desember tot Maart geplant. Elke vier tot vyf jaar word die aartappels afgewissel met sorghum.

Om dit alles moontlik te maak benodig die boerdery betroubare werktuie wat hard kan werk en goeie brandstofverbruik toon. Die Massey Ferguson-trekkers word hoofsaaklik vir grondvoorbereiding gebruik. Daar is twee MF 8737-trekkers.

“Wanneer ons grondvoorbereiding doen, sleep die een ՚n skeurploeg. Die ander een loop agterna met die hoë-spoed dis,” verduidelik Cliffed. “Dan het ons ook ՚n MF 7720 wat help om die saadbed te vorm vir die aartappels. Die MF 6711R word gebruik om die aartappels en botterskorsies te plant.” Vir die aartappels gebruik hulle ՚n Grimme 3-ry planter en vir die ander gewasse ՚n MF 555-aadboorplanter.

“Die grotes (MF 8737’s) is vir ons baie ekonomies. Die brandstofverbruik is puik,” sê Clive. “Die MF 7720 is geoptimaliseer vir die saadbedvorming deur MF Connect te gebruik en al die trekkers is deurlopend brandstofdoeltreffend,” brei Cliffed uit.

“Vir my is Massey Ferguson die beste waarde vir geld,” noem hy. “Eerstens, die MF 8737 is ՚n groot trekker van 370 perdekrag, so nie elke vervaardiger het elke vervaardiger bied ook, soos Massey Ferguson, die gehalte werktuig binne ՚n bekostigbare prysklas nie. Daarom bied dié trekkers waarde vir geld. Dit is ook tegnologies goed gevorder.” Vir die Wiggill-manne is dit duidelik dat Massey Ferguson van krag tot krag groei.

“Hulle trekkers word heeltyd uitgebrei en hulle ontwikkel konstant nuwe tegnologie,” voeg Cliffed by. Die resultaat van die gevorderde MF-tegnologie is sigbaar in hulle boer-derypraktyke.

“In my tyd het ons nie al hierdie tegnologie gehad nie,” onthou Clive. “Maar die jonger geslag het grootgeword met die goed. ՚n Mens moenie agterbly in boerdery nie, jy moet byhou met tegno-logiese verwikkelinge, want dit maak die boerderybestuur net makliker vir jou.”

Volgens Clive is dit moeilik om in te haal as jy eers tred verloor het met tegnologiese vooruitgang in boerdery. Die Wiggill-boere het ook al ander handelsname se trekkers aangeskaf en daarmee gewerk, maar nou kan hulle werklik sê Massey Fergusons is perfek vir hulle boerdery se behoeftes.

Tractor Field Services tot jou diens met Massey Ferguson

Tractor Field Services (TFS) is die noordelikste trekkerhandelaar in Suid-Afrika, gesetel op Louis Trichardt. Hierdie handelaar bedien die noorde van Limpopo wat ook die Wiggill-gesin se boerdery insluit. Daar is tans vier werktuigkundiges in diens. TFS bied ook operateursopleiding aan.

George Fogwell senior, eienaar van TFS, stap al ՚n lang pad saam met die Wiggill-boerdery. Hy behartig die versiening van Clive se trekkers van voor TFS se bestaan. “Toe Clive nog MF 165- en 135-trekkers gehad het, het ek dit vir hom reggemaak. Dit was in 1994,” vertel George senior.

Sy seun, George Fogwell junior, het ook betrokke geraak by die onder-neming en staan deesdae sy pa se skoene vol. “My pa het my geleer diens is alles – nie trekkerverkope nie. Want diens bring respek van die kliënt en as ՚n man sien jy werk hard om hom tevrede te stel en sy toerusting in ՚n goeie toestand te hou, bring dit vir hom vreugde. Dan gaan hy aanhou om jou diens te gebruik. Die moeite wat jy insit bou die verhouding.”

Cliffed beaam dat puik kliëntediens en goeie menseverhoudings hand-aan-hand loop. “Daar is George baie goed, ek kan nie vir beter wens nie. Sy naverkopediens is altyd uit die boonste rakke. Jy kan hom tot op ՚n Saterdag bel en hy antwoord sy telefoon.”

Clive glo die belangrikste deel van ՚n trekker aanskaf is om ՚n fabrikaat te kies wie se naverkopediens van net soveel gehalte spreek as die meganiese vakmanskap. “Die nadiens is belangriker as die produk,” brei hy uit. Die produk moet goed wees, maar sonder goeie nadiens kan jy nie vooruit boer nie.

“Clive is nougeset op gehalte,” getuig George senior ook. “Alles, van trokke tot trekkers, werk soos klokslag op sy plaas,” vertel hy. Dit is te verstaan dat die Wiggill-boerdery en TFS pasmaats in landbou is.

In die toekoms wil die Wiggill-familie verder vooruitboer, verder moderni-seer, verder uitbrei en meer produktief boer en TFS en Massey Ferguson is sonder twyfel aan hulle sy!

Kontak Tractor Field Service op (+27) 83-415-3076, of stuur ՚n e-pos aan masseyfergusonltt@gmail.com. Jy kan ook hulle webtuiste besoek by www.tractorfieldservices.co.za.

Brand Marketing Communications Specialist

Robert Keir

Brand Marketing Communications Specialist

Robert.Keir@agcocorp.com www.agcocorp.com

082 349 7441