Boerdery is meer as net ՚n beroep

Read English Version

“Van tjokkertjiedae af ken ek Massey Ferguson-trekkers. Ek het saam met hulle grootgeword op die plaas, en een ding wat ek goed kan onthou is dat ons Massey-trekkers baie selde in die werkswinkel gestaan het,” vertel Rene de Schmid.

Rene het op ՚n plaas in Namibië grootgeword, waar sy pa destyds met beeste en skape geboer het. Rene bedryf vir meer as 25 jaar al ՚n verkoelingsaak, maar vertel dat boerdery nog altyd in sy bloed was. Boerdery is meer as net ՚n beroep. Dit is ՚n passie wat deur elke boer se are vloei. Sommige families se boerderye strek oor geslagte tussen pa’s en seuns en daarom is familiebande ՚n hoeksteen van vele suksesvolle boerderye.

Rene het twee seuns, Jean, die oudste en Chris, die jongste. “Jean wou nog altyd ՚n veearts geword het,” vertel Rene.

“Ek onthou so goed dat Jean hier tamatieplantjies en daar aarbeiplantjies begin plant het, en wat hy ook al geplant het, het gefloreer. Ons het ՚n gesegde in Duitsland wat sê iemand het groen vingers, en dit is juis hoe ek vir Jean opsom,” voeg Rene by.

“Jean het dit tog só geniet om te sien hoe dit wat hy plant, groei en uiteindelik ՚n volgroeide plant word wat vrug dra. Met tyd wat aangestap het, moes Jean besluite begin maak oor sy pad vorentoe na skool, lewensbesluite. Op ՚n dag kom sê hy my dat hy nie meer ՚n veearts wil word nie, maar ՚n beroep in die landboubedryf wil volg,” vertel Rene.

“Dit was en is werklik Jean se passie. Met die min kennis wat ek van die bedryf het, het ek hom gevra om my meer te vertel. En dit is hoe ons almal betrokke geraak het. Ek wil graag vir Jean ondersteun om sy passie uit te leef en ՚n sukses te maak van dit wat hy aanpak,” sê Rene.

Waar dit alles begin het

Die boerdery het einde 2018, begin 2019 ontstaan en is vandag bekend as Frumentum Farming, wat bestaan uit ՚n persoonlike boerdery en ՚n kontrakteurkomponent.

“Die grootste trekpleister van die landboubedryf vir my is die feit dat jy iets in die grond sit, ‘n klein saadjie, en dit het soveel potensiaal om te groei en te floreer as jy daarna omsien en daarvoor sorg. Vandat ek kan onthou, was dit die visie wat ek gehad het, en die besef dat enige besigheid vergelyk kan word met ‘n saadjie wat jy plant. As jy vir die besigheid sorg, sal dit ook floreer en produktief wees in die toekoms,” vertel Jean de Schmid.

“Ons boer in drie verskeie gebiede van Namibië. Die mieliedriehoek, soos ons dit ken, naby Grootfontein in die noordelike gedeelte van die land, asook in die Otavi-gebied waar ons meestal besproei, en dan ook ՚n gedeelte naby Otjiwarongo, waar ons gewasse op droëland en onder besproeiing plant,” verduidelik Jean.

Droom en visie word werklikheid

“Die droom en visie wat ons aanvanklik gehad het, was baie kleiner as wat dit oor die jare heen gegroei het, en sonder die hulp van my broer en my pa sou die drome nie bewaarheid word het nie. Ons aanvanklike plan was om kuilvoer te maak en bale te produseer. Dit het klein begin en baie vinniger gegroei as wat ons enigsins verwag het. Vandag het ons ՚n kontrakteurbesigheid wat kuilvoer produseer. Ons maak ongeveer 500 bale per dag. Ons toegedraaide bale het ՚n lewensduur van tot agt jaar en ՚n handhaaf ՚n konstante temperatuur van 22 grade,” vertel Jean.

Jean voeg by: “Ons het hierdie seisoen 25 000 ton kuilvoer gemaak.” Met die tempo waarteen die de Schmids afgeskop het, het hulle nou nog ՚n groter visie en mikpunt vir die toekoms wat hulle wil bereik. Sonder die regte, betroubare en bekostigbare toerusting is hierdie drome slegs ՚n fantasie.

Verhoudings wat van kardinale belang vir enige boer is, is die wat hy met die mense het wat dienste en werktuie aan hom verskaf sodat hy vooruit kan boer. “Ons familie se verhouding met Massey Ferguson het egter nie by my pa se plaashek gestop nie,” sê Rene.

Waarom die de Schmids op Massey besluit het

Toe ons die onderneming begin het, moes ons ՚n keuse maak oor die toerusting waarmee ons wou boer,” vertel Rene. Hy brei uit: “’n Groot aantrekkingspunt van Massey Ferguson vir ons was die familie-gevoel wat ons kry. Maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind nie, Massey laat jou deel van ՚n familie voel. OMT (Otjiwarongo Motors & Tractors) is ons naaste Massey Fergusonhandelaar.”

OMT word ook gedryf deur pa en seun. Rene verduidelik: “Die deurslaggewende faktor vir my was die kennis agter die produkte en die diens. Jy stap by OMT in en jy voel dadelik welkom.
Die kennis wat deur die pa en die seuns beskikbaar is, was die antwoord waarna ons gesoek het. Die pa en seuns het deur ՚n soortgelyke proses gegaan in ‘n ander sakesektor as waardeur ons gaan, en dit was vir my ‘n wonderlike ervaring.”

Die de Schmids het met ՚n Massey 200-reeks begin, tesame met ՚n hark en planter. Vandag besit hulle ‘n Massey 4709, twee 1840’s, drie 6713’s en een met ‘n Quicke-baalhanteerder. Hulle het ook ‘n 7724 met ‘n Orkel baler, asook ՚n voor- en “skoenlapper” Massey Ferguson snyer.

Rene sê: “Die MF 4709 is ‘n lieflike trekker, veelsydig, en die doeltreffendheid van die trekker is verstommend. Ek het nooit gedink die trekker sal so doeltreffend en ekonomies in terme van brandstofverbruik wees nie. Dit is ongelooflik hoe lig die trekker loop en steeds sy werk honderd present doen. My mening oor ‘n Massey is dat dit ‘n goeie produk is. Dit is gebruikersvriendelik, robuust en betroubaar.”

Jean voeg by: “Een van die sleutelfaktore waarom ons op die MF globalreeks besluit het, is die doeltreffendheid en brandstofverbruik van hierdie reeks trekkers. Aangesien dit ‘n werkesel is vir ons take hier in Afrika, werk die trekkers sonder sukkel in moeilike omstandighede.”

“՚n Groot rede waarom ons op OMT as ons Massey Ferguson handelaar besluit het, is die feit dat dit nie net ‘n kliënt- en handelaarverhouding is nie, maar eerder ‘n vennootskap. Hulle stap die ekstra myl saam met ons, hulle staan saam met jou in die son, los onmiddellik probleme op en is altyd bereid om ons te help waar nodig,” sê Jean.

OMT se hart klop Massey

Gero Kopp, operasionele bestuurder by OMT, vertel: “Wat ons van ‘n familiesaak hou, veral die van die Massey Ferguson-handelsmerk, is sekerlik die erfenis. Vanjaar is ons al vir 40 jaar deel van die 175 jaar sedert Massey se ontstaan. Massey is al deel  van ons wese, die bloed wat deur ons are vloei.

“Die Massey-handelsmerk en hulle trekkers het hulleself in ons omgewing bewys en ons in wese gehelp om ‘n lojale kliëntebasis in ons netwerk te bou. Ons as Massey-handelaars is vol vertroue dat die Massey-handelsmerk net groter en groter in ons midde sal groei. Ons het daardie vertroue, want hulle luister na ons as handelaars, en hulle luister na die klante. Hulle werk voortdurend daaraan om nuwe produkte na die mark te bring wat voldoen aan die vereistes van klante wat vir hulle gebou is, volgens hulle behoeftes en vir die spesifieke streek,” meen Gero.

“Met hierdie filosofie sal Massey nog vir die volgende 175 jaar hier wees,” sluit Gero af. Betroubaarheid, doeltreffendheid, veelsydigheid en bekostigbaarheid verseker dat die boer die beste waarde vir geld uit sy Massey Ferguson-trekker kry. Koppel dit met die maatskappy se beleid om verhoudings wat oor geslagte heen strek te bou met agente en boere, en jy het ՚n wenresep vir enige boerdery.

Om deel te word van die Massey Ferguson-familie, besoek die webwerf by www.tractorsnamibia.com, kontak +264 (0) 67 303041 of stuur ՚n e-pos aan massey@afol.com.na

 

AGCO Africa Contact

Robert Keir

Brand Marketing Communications Specialist

Robert.Keir@agcocorp.com www.agcocorp.com

082 349 7441