Massey Ferguson doen dit weer

Master Mechanic – Seisoen 2 (18 Nov 2022)

Wie gaan jou gunsteling wees in November in die Massey Ferguson Master Mechanic Seisoen 2? Groter trekkers, groter uitdagings, groter alles!

Die tyd kom vinnig nader vir die Massey Ferguson Master Mechanic, met Seisoen 2 wat op 18 November vrygestel word. Die wêreld se eerste trekkergegronde werklikheidsprogram, wat in ՚n selfs groter en beter formaat terugkeer, sal supergroot uitdagings bevat om die hoogs gemotiveerde en opgeleide Massey Ferguson-tegnici reg-oor die land se vaardighede te wys.

Master Mechanic bied ՚n unieke kykie in die tegnici se wêreld van trekkerherstelwerk. Die tegnici swaai nie net moersleutels en reis na verskillende wonderlike plekke nie, hulle moet ook hulle breinkrag gebruik in samewerking met wêreldleidende tegnologie.

Na die groot sukses van die wêreld-eerste Massey Ferguson Master Mechanic-uitdaging in November 2021, keer die werklikheidsprogram terug in ՚n selfs groter en beter formaat. “Seisoen 1 van die wêreld se eerste trekker-gegronde werklikheidsprogram was ՚n ongelooflike suksesvolle reis en dit was wonderlik om dit met die wêreld te deel,” sê dr Dominik Reus, besturende direkteur Afrika, AGCO.

“Die lewe van ՚n tegnikus het die afgelope tyd verander met die koms van rekenaars en om aan die internet gekoppel te wees. Om ՚n Massey Ferguson-tegnikus te wees is ՚n groot avontuur, met ՚n voortdurende leerkurwe en nuwe geleenthede. Dit het nou iets besonders geword waaroor jy met jou vriende om die braaivleisvuur kan gesels, en met familie en mense wat jy in jou lewe teëkom,” sê Dominik.

Inskrywings vir Master Mechanic Seisoen 2 het in die middel van Augustus 2022 gesluit, met verfilming van die werklikheidsprogram in September. Op 18 November 2022 word die program op MF Master Mechanic se YouTube en Facebook vrygestel, ondersteun deur alle groot sosiale media-kanale. Alle episodes sal gelyktydig vrygestel word vir kykers om te verslind.

Ses tegnici sal in drie spanne van twee (rooi, swart en grys) om ՚n groot prys van R100 000 meeding. Die wenspan sal ook ՚n eenmalige geleentheid gegun word om die Massey Ferguson Beauvais-fabriek in Frankryk te besoek en opleiding te ontvang. Dit is waar die Massey Ferguson-trekkers met hoë perdekrag vervaardig word.

Seisoen 2 sal konsentreer op ingeboude tegnologie in MF trekkers met hoë perdekrag en demonstreer hoe boere die tegnologie en eienskappe tot hulle volle potensiaal kan benut, wat op die ou end gaan oor meer wins. Hierdie seisoen sal ook supergroot uitdagings bied om die hoogs gemotiveerde en opgeleide tegnici regoor die land se vaardighede ten toon te stel.

Laaste maar geensins die minste nie, bied Massey Ferguson wêreldklas tegniese opleiding aan sy tegnici, vandaar die selfvertroue om die vermoëns en kundigheid van MF hoëperdekragtegnici te demonstreer.

Die spankeuse sal in die eerste episode van vier aangekondig word. In die epiese finale uitdaging sal die spanne probeer om ՚n reuse-weergawe van die ikoniese Massey Ferguson driehoekembleem suksesvol na te maak. Hulle moet dit doen met behulp van ՚n MF 8S toegerus met ՚n 2 000 liter Eco Rangerspuit met 12 meter spuitbalke met agt seksies, wat 450 liter per hektaar spuit. Toediening- en seksiebeheer word verskaf deur die Massey Ferguson 8S OEM Data Tronic 5-skerm, gekoppel aan die ISOBUS Liquid-beheerstelsel.

Vind Master Mechanic Seisoen 2:

ONTMOET DIE DEELNEMERS

Hoopstad in die Vrystaat se BHBW-handelaar het twee aanspraakmakers, naamlik Lodewyk ‘Lood’ Wiid en sy leerling wat binnekort kwalifiseer as tegnikus, Caleb Webster. Caleb hou vol hy het rooi bloed soos Massey Ferguson, met bobaas genetika.

“MF het die beste in my na vore gebring. Dit is ՚n groot eer om gekies te word om die Massey Ferguson-leerlinge in hierdie uitdaging te verteenwoordig. Ek is hier om die wêreld te wys wat jongmense kan doen, veral met moderne trekkertegnologie,” sê Caleb.

Lodewyk sê: “Ek beskou myself as een van die bestes in Suid-Afrika. Wat my in die topklas plaas, is eenvoudig: ek verstaan dat leer ՚n voortdurende proses is. Hoe meer ek oop is om te leer en my kennis met ander te deel, hoe meer het ek ՚n ontvanklike verstand om komplekse probleme met eenvoudige oplossings te wen. Ek het ՚n lang pad gestap sedert ek ՚n klein seuntjie was wat van trekkers geleer het. Ek is gereed om vir Suid-Afrika en die wêreld te wys uit watter staal ek gemaak is!”

Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap word bekwaam verteenwoordig deur Francois Beer van Beer Trekkers, wat  verklaar dat hy enige hoë perdekrag MF-trekkers kan regmaak. “Om op ՚n plaas groot te word en nou in ՚n boerdery-onderneming te wees, stel my in staat om beide kante van die spektrum te verstaan – van die boer se perspektief tot die belangrikheid daarvan om die beste produkondersteuning te bied. My 15 jaar ondervinding as werktuigkundige en die deurlopende opleiding wat ek ontvang, het my voorberei vir hierdie uitdaging.”

Filter Dienste in Bethal, Mpumalanga, word met trots verteenwoordig deur Jacques Duvenage, wat sê: “Ek kry soveel vreugde daaruit om uitdagings op te los. Ek leer heeltyd nuwe dinge en pas die kennis wat ek opdoen toe om die volgende uitdaging doeltreffend op te los. Ek geniet dit om met die MF-trekkers te werk. Ek weet ek is reg vir die Master Mechanic-uitdaging aangesien ek diagnostiek en tegnologie verstaan.”

Die vaandeldraer vir die Vrystaat, is Nico-Ann Jansen van BHBW Bothaville, die enigste dame in die kompetisie. “Ek weet ek het iets spesiaals om by te dra, en ek is vasbeslote om daardie merk te maak. Ek pas perfek in hierdie kompetisie, want ek het meestal op hoë-spesifikasie Massey Ferguson-trekkers gewerk. Elke dag druk ek myself om nuwe vaardighede aan te leer en nuwe uitdagings vir my vermoëns te stel. My tone krul van LEKKERKRY as ek die masjien weer aan die werk het en die boer se gevoel van verligting kan ervaar.”

Laaste, maar nie die minste nie, is Stiaan Redelinghuys van Hennie’s Trekkers in Malmesbury, Wes-Kaap. Hy wys daarop dat hy die afgelope dekade aan Massey Fergusontrekkers werk. Dit beteken hy het ՚n magdom ervaring wat hom goed te staan sal kom in die kompetisie. “Ek is ՚n man van min woorde. Die werk wat ek gedoen het is my getuienis. Wat meer is, ek het nog nooit ՚n Nr 13-sleutel verloor nie!

Master Mechanic Seisoen 2 word op 18 November op MF Master Mechanic YouTube en Facebook-kanale vrygestel. Alle episodes sal gelyktydig beskikbaar gestel word.

Master Mechanic is so ontwerp en verfilm dat enigiemand dit kan verstaan, saam met ՚n paar spesiale items vir die ‘gesoute’ tegnici om te geniet. Dit is gevul met al die emosies, drama en spanning wat ՚n mens van ՚n wêreldklas-
werklikheidsprogram sou verwag.

 

AGCO Africa Contact

Brand Marketing Communications Specialist

Robert Keir

Brand Marketing Communications Specialist

Robert.Keir@agcocorp.com www.agcocorp.com

082 349 7441