Massey Ferguson maak suikerrietboerdery ‘n soet sukses

Goeie plaaslike ondersteuning van Farm Maintenance Services (FMS), ՚n KwaZulu-Natal handelaar vir Massey Ferguson-trekkers in Pietermaritzburg, was die hoofrede waarom Heinrich Harris van Vriendchap Boerdery na Massey Ferguson oorgeskakel het.

“Toe ons besluit het om ons masjinerie te vervang, was FMS die handelaar waarop ons kon staatmaak om na al ons behoeftes om te sien, en ons te ondersteun met tegniese bystand,” sê Heinrich, meganiese- en instandhoudingsdirekteur by Vriendschap Boerdery in Melmoth. Hy sê: “Al ons instandhouding word onder waarborg uitgevoer en FMS het gereedelike onderdele beskikbaar wat hulle spoediglik kan voorsien om die boerdery aan die gang te hou.”

Heinrich het lank ՚n ander handelsmerk gebruik. FMS se verkoopsbestuurder, Cornie Tosen, verduidelik dat waarde vir geld en die hoë spesifikasievlak van die MF-trekkers ՚n groot oorweging was in Heinrich se besluit om oor te skakel.
Ons streef daarna om ons klante tevrede te hou. “Die uitstekende na-verkopediens gee aan ons klante die gemoedsrus dat hulle met minimum staantyd aan die boer kan bly.”

Vandag bestaan Vriendschap Boer-dery se vloot uit twee vierwiel-aangedrewe trekkermodelle, naamlik die MF 5710 en MF 4708. “Ons besit tien MF 5710 en vyf MF 4708, wat genoeg krag het vir algemene suikerrietbedrywighede. Ons het onlangs twee van die effe groter MF 6713 bygekoop, ook met vierwielaandrywing, wat hoofsaaklik vir grondvoorbereiding gebruik word,” sê Heinrich.

Die MF 5700-reeks is ՚n staatmaker-reeks wat die idee van trekkers onder 100 kW herontwerp het en aan die behoeftes van huidige en toekomstige boerdery voldoen.

“Daar is huidiglik geen ander trekkerreeks wat soveel ontwerpspesifikasies, keuses en bykomstighede bied, om aan elke boer se spesifieke behoeftes te voldoen nie,” sê Cornie.

Die MF 4700 Global is ՚n moderne, stewige, eenvoudige, hoëprestasie-reeks wat besonderse doeltreffendheid vir elke tipe boerdery bied.
Met die reeks se splinternuwe, maar eenvoudige ontwerp, bied dit beter beheer, akkuraatheid, doeltreffenheid, operateursgemak en besonderse waarde vir geld. Vriendschap Boerdery het onlangs ook ՚n MF 7726 aangeskaf.
“Die klant het ՚n trekker nodig gehad wat veelsydig en doeltreffend was vir grootskaalse plant- en snywerk,” sê Cornie.

Die MF 7726 was die ideale trekker met ՚n voorste driepunt-hyser, voor- en kajuitveringstelsel en volledige navigasiestelsel.
Met die vlindersnyer-kombinasie, aan die voorkant, kan die kliënt nou 8 m op ՚n slag sny.

Die trekker is kragtig genoeg vir grondvoorbereiding en spog terselfdetyd met ekonomiese brandstofverbruik wat dit ideaal maak vir hooiwerk.
Die lae koste van die MF 7726, maak dit ՚n baie aantreklike opsie vir die suikerrietboere van KZN.

Heinrich sê die MF 7726 sal op een van Vriendschap Boerdery se ander plase ontplooi word. “Die trekker is goed aangepas vir ons werk daar, aangesien die voor-hyserstelsel ons in staat stel om drie afsonderlike snyers gelyktydig in te span, twee agter aan weerskante van die trekker en een in die middel voor. Dit is die perfekte trekker, en ek glo in die toekoms sal ons beslis meer MF-trekkers by FMS koop.”

Die MF 7700 S-reeks bied omvattende opsies van kraglewering, krag-oordrag, kajuitspesifikasies, hidroulika en kragaftakker. Dit is ten volle toegerus met navigasiestelsels en beskikbaar in vier modelle. Met krag wat wissel van 150 tot 190 kW, asook Dyna-6 en Dyna-VT-kragoordrag.

Een van die redes waarom Heinrich oorgeskakel het na die nuwe handelaar en handelsmerk was omdat die mededinger nie ՚n trekker met laer-spesifikasies in sy reeks gehad het wat geskik is vir tawwe suikerrietboerdery-opstandighede nie.

“Die Nuutste tegnologie is natuurlik duurder, maar maak ՚n positiewe verskil op jou kostes oor die lang duur. Wat die weegskaal ten gunste van MF gekantel het, was die prysverskil van 25% in sy basiese mandjie onderdele. Uit ՚n onderhouds-oogpunt is dit alleen ՚n enorme besparing,” beklemtoon Heinrich.

Alhoewel ՚n laer prys aan minderwaardige gehalte gekoppel word, sê Heinrich dat die teenoorgestelde waar is met MF, wat trots is op die gehalte en betroubaarheid van hul werktuie.

Ons het tot dusver geen probleme met ons MF-vloot gehad nie. Boonop kyk FMS as die handelaar, baie goed na ons. Die nuwe handelsmerk is soms nog iets om aan gewoont te raak, en soms kom klein probleempies voor, maar die spoedige manier waarop dit opgelos word, met die klem op maksimum werktyd en produktiwiteit, spreek boekdele oor die handelsmerk en sy verteenwoordigers.
So belangrik as wat diens vir die boer is, so belangrik is die verhouding
tussen die handelaar en sy verskaffer.

“Die FMS span is altyd op hulle pos en gretig om te help waar nodig. Ons het ՚n baie goeie verhouding en ek is baie tevrede met die uitstekende diens wat ons tot dusver ontvang het.”

Cornie som op dat Vriendschap Boerdery ՚n uitstekende voorbeeld is van die soort jarelange kliënt wat FMS as MF-handelaar gekweek het. “FMS het ՚n groot voetspoor in die streek met vier goed-toegeruste voertuie vir vinnige diens op die plaas en ՚n volledige werks-winkel vir grootskaalse herstelwerk.”

Ter ondersteuning van die boerderygemeenskap het Massey Ferguson ՚n uitgebreide netwerk van meer as 35 handelaars regoor Suid-Afrika, wat sorg vir onderdele, diens, naverkoop-ondersteuning en verkope van nuwe werktuie.

Boere wat in die MF -reeks belangstel, kan ՚n video, brosjure, en besonderhede van die naaste handelaar aanvra en binne 30 sekondes ՚n prysberaming kry deur eenvoudig www.masseyferguson.co.za te besoek.

Kontak Andrew Nicholson by FMS op +27-82-495-6276 of andrew@fms.org.za of kontak AGCO se streeksverkoopsbestuurder, Lenard Lingenfelder op +27-66-581-7489 of Lenard.Lingenfelder@agcocorp.com vir meer inligting.

About Massey Ferguson

From ruggedly simple to high-specification machines, Massey Ferguson from AGCO Corporation is a force in global agriculture. Massey Ferguson created the world’s first three-point hitch. Add to that Massey Ferguson’s generations of global experience and you have all the proof you need that they are the one to trust when it comes to ultimate practicality and dependability — ultimate customer value.
https://www.facebook.com/MasseyFergusonSA

About AGCO

AGCO (NYSE:AGCO) is a global leader in the design, manufacture and distribution of agricultural machinery and precision ag technology. AGCO delivers customer value through its differentiated brand portfolio including core brands like Challenger®, Fendt®, GSI®, Massey Ferguson® and Valtra®. Powered by Fuse® smart farming solutions, AGCO’s full line of equipment and services helps farmers sustainably feed our world. Founded in 1990 and headquartered in Duluth, Georgia, USA, AGCO had net sales of $9.1 billion in 2020. For more information, visit www.AGCOcorp.com

For company news, information and events, please follow us on Twitter: @AGCOCorp. For financial news on Twitter, please follow the hashtag #AGCOIR.

AGCO Africa Contact

Brand Marketing Communications Specialist

Robert Keir

Brand Marketing Communications Specialist

Robert.Keir@agcocorp.com www.agcocorp.com

082 349 7441