As jy fluks vooruit wil boer … Word deel van die Massey-familie

Boerdery is meer as net ՚n beroep. Dis ՚n passie wat deur elke boer se are vloei. Hierdie passie strek oor geslagte tussen pa’s en seuns en daarom is familiebande ՚n hoeksteen van vele suksesvolle boerderye.

Hierdie verhoudings hou egter nie by die plaashek op  nie. Ander verhoudings wat van kardinale belang vir enige boer is, is die wat hy met die mense het wat dienste en werktuie aan hom verskaf sodat hy vooruit kan boer.

Massey Ferguson-trekkers stap al ՚n lang pad op Suid-Afrikaanse plase en as ՚n boer eers ՚n rooi  trekker gekoop het, koop hy nie sommer weer ՚n ander kleur nie. Die mooi rooi trekkers word deel van die boerdery en sorg dat die boer jaar na jaar sy lande of boorde suksesvol bewerk.

Die Venters van Venter Boerdery in die Oos-Kaap naby Addo is een familie wat al vir geslagte lank ՚n pad saam met Massey Ferguson stap. Nico Venter, Le Roux Venter en hulle pa, Boeram Venter, boer met sitrus, braaikuikens, boerbokke, Bonsmarabeeste, wild, en gaan eersdaags uitbrei met ՚n graanafdeling. Massey Ferguson is al van die begin af deel van hulle suksesverhaal. “My oupa het die eerste Massey Ferguson op die plaas 35 jaar gelede gekoop, en ons het daardie trekker in 2021 verkoop,” vertel Nico. “Intussen het die boerdery uitgebrei en ons het vandag 53 Massey Ferguson 240-boordtrekkers saam met ՚n paar groter Masseys wat van die swaarder werk moet doen.”

Met ՚n wye reeks modelle in Massey Ferguson se stal, is daar beslis ՚n trekker wat nommerpas op enige plaas sal werk. In die gemengde Venter-boerdery word die MF 240 boordtrekkers gebruik om die sitruskratte te sleep en ook enige ander ligte take te verrig wat nie baie krag van die kragaftakker vereis nie. Dan het hulle ook die MF 268 wat onkruid in die boorde spuit met sleepspuite.

Die MF 2640 word ingespan vir ligte bossiekapwerk, om vyfton- wipwaens te sleep, lusern sny en te baal. Die MF 3708 en MF 3640-kajuittrekkers beskerm die operateur wanneer plaagdoder in die boorde gespuit word.

Venter Boerdery het ook van Massey Ferguson se groter modelle aangeskaf, soos die MF 480 wat gebruik word om die vyftienton-voermenger te sleep en aan te dryf, en die MF 5710 trek die groot Orsi-takkekapper wat die gesnoeide takke fyn kerf om kompos vir die boorde te maak.

Nico sê: “Die rede waarom ons besluit het om by Massey Ferguson trekkers te staan is omdat die trekkers betroubaar en bekostigbaar is. Daar is wel ander bekostigbare trekkers in die mark, maar ons het in die verlede al ondervind dat hulle nie so betroubaar is nie. Massey Ferguson help ons om die werk gedoen te kry.”

Venter Boerdery is nie die enigste suksesverhaal waarin Massey Ferguson ՚n beduidende rol speel nie. Beer Trekkers is die plaaslike handelaar en stap ook al ՚n pad wat oor geslagte strek saam met Massey Ferguson. Roelou Beer het sy loopbaan begin as vakleerling op Massey Ferguson trekkers.

Nadat die plaaslike agentskap in die 1980’s toegemaak het, het Roelou begin om self ՚n diens te lewer aan kliënte waarmee hy al verhoudings gebou het. So het Beer Trekkers ontstaan. “Aanvanklik het ons slegs boere se Massey Ferguson trekkers versien en die  nodige onderdele verskaf,” vertel Roelou. “Mettertyd het ons ՚n agentskap geword wat vandag ook nuwe trekkers aan boere lewer.”

Roelou se seuns, Francois en Rudolf, asook sy dogter, Ingrid, is by die saak betrokke. Francois is in beheer van die werkswinkel terwyl Rudolf verantwoordelik is vir nuwe projekte en vragmotorversiening. Ingrid werk in die kantoor met die administratiewe kant van die onderneming.

“Massey Ferguson het my gehelp om my besigheid op te bou en om vandag te kan sorg dat my kinders werk het,” vertel  oelou met trots. “My droom was ook om my eie plaas te besit en self te boer. Vanweë die sukses wat ons met Massey Ferguson gehad het, kon ek dit bekostig om my eie grond aan te skaf. In my oë is daar nie ՚n beter trekker nie.”

Francois verduidelik hoe sake tussen Beer Trekkers en AGCO vergemaklik het vandat AGCO regstreeks by die handelaars betrokke geraak het in 2020: “Om onderdele te bestel is vinnig en eenvoudig sedert ons direk met AGCO kan skakel. Hulle tegniese kundigheid help ons ook baie. As daar ՚n meganiese of elektroniese probleem aan enige Massey Ferguson-trekker is wat ons nie self kan regmaak nie, is dit baie maklik om een van die tegniese spesialiste by AGCO te kontak om die probleem vinnig op te los.”

Brendon Puttick, AGCO se verkoopsbestuurder van die Wes- en Oos-Kaap verduidelik hoe die skakeling tussen AGCO en die agentskappe die boer se sak raak. “Omdat AGCO nou regstreeks met die plaaslike agentskap werk, word die middelman uitgesny, wat beteken dat kostes laer is en dat boere geld bespaar op die aankoop van nuwe trekkers en onderdele vir die versiening van hulle ouer trekkers.”

Ryan Clark voeg by dat hierdie strategie ook baie help om die verhou-ding tussen AGCO en die boere, wat die eindverbruikers van hulle produkte is, te verstewig. “Omdat ons nou self kontak het met al die agentskappe in die land, kry ons ook direkte terugvoer oor die trekkers. Ons hoor presies wat die boer se behoeftes is, en kan dan die nodige aanpassings aan ons produkte maak sodat die boer nog meer waarde uit sy trekker kan kry.”

Betroubaarheid, doeltreff endheid, veelsydigheid en bekostigbaarheid verseker dat die boer die beste waarde vir geld uit sy Massey Ferguson-trekker kry. Koppel dit met die maatskappy se beleid om verhoudings wat oor geslagte heen strek te bou met agente en boere, en jy het ՚n wenresep vir enige boerdery.

Om deel te word van die Massey Ferguson-familie, besoek die webwerf by www.masseyferguson.co.za, stuur ՚n e-pos aan africasales@agcocorp.com of skakel 082-520-6651.

AGCO Africa Contact

Brand Marketing Communications Specialist

Robert Keir

Brand Marketing Communications Specialist

Robert.Keir@agcocorp.com www.agcocorp.com

082 349 7441